(daar was fout met die oplaai van die fotos, hou die blog dop - sodra dit reg is gaan die fotos verskyn)
Deur Elsje Vermeulen
Deur Elsje Vermeulen
Die eerste rugbyspanne van HTS Vereeniging en HS Transvalia het op 17 Mei in 'n nuwe vyf-jaar FNB Classic Clash-reeks afgeskop.
Die vorige reeks is deur HS Transvalia gewen. Met die afskop van die nuwe reeks het dit gelyk of HTS Vereeniging goed op dreef was op dié nuwe reeks met 'n oorwinning te begin. Die Tekkies het met halftyd 'n gesonde 15-5 voorsprong geniet. Valia is kwaai onder druk geplaas op sy tuisveld, maar met die begin van die tweede helfde het hulle na 'n nuwe rat oorgeslaan.
Die Valia-manne het die agterstand laat krim en uiteindelik met 20-15 gewen. Die Tekkies het versuim om enige punte in die tweede helfde aan te teken.
Hopelik sal HTS Vereeniging volgende jaar op sy tuisveld sake gelyk maak. Vir meer aksie fotos besoek www.flickr.com/photos/snapattack2