Thursday, May 29, 2008

HTS Vereeniging Sportdinee






Elsje Vermeulen

Die Hoër Tegniese Skool Vereeniging het op 13 Mei sy sesde jaarlikse sportdinee in die Vereeniging Stadsaal gehou en tien prag-sportgedenkwaardighede is opgeveil.

Sowat 500 mense het die geleentheid bygewoon. Niekie van den Berg, bekende radio-persoonlikheid was die gasspreker en Ray Dylan, een van SA se gewildste sangers, het vir die musiek gesorg.

"Ons is baie tevrede hoe die aand verloop het. Nogmaals 'n groot dank aan almal wat die skool ondersteun het," sê mev. Ilze van Heerden (organiseerder).

Hoewel die sportgedenkwaardighede nie sulke hoë pryse soos in die verlede behaal het nie, was die aand 'n groot sukses vir die skool.

Een van die items ('n Super 14 Bulls-trui), is vir R10 000 verkoop. Dié geld sal aangewend word om kinders van plaaslike kinderhuise op 'n see-vakansie te neem.

Twee ander items is elk vir R9 000 elk verkoop.