Thursday, February 21, 2008

Vanderbijlpark Interhoër Atletiekbyeenkoms







(ongelukkig is daar nie genoeg plek vir al die foto's nie, maar hou die blog dop want die res van die foto's sal binnekort op 'n ander web-tuiste (link) beskikbaar wees. Daar is nog baie foto's en hopelik sal die nuwe link voor volgende week in werking wees). Foto's is gratis vir persoonlike gebruik. Kopiereg word behou).
Die jaarlikse Vanderbijlpark Interhoër is op Vrydag, 21 Februarie in uiters hittige weersomstandighede by die HS Transvalia aangebied.Na verwagting het die atlete van die deelnemende skole: HS Transvalia, HS Driehoek, HS Suiderlig, HTS Carel de Wet, Suncrest High School en HS Vanderbijlpark, hul beste gelewer op dié dag. Puik vertonings het vyf nuwe rekords opgelewer en een rekord is geëwenaar.Dewald Boonzaaier, spog-atleet van HS Transvalia was vir twee van die rekords verantwoordelik. Hy het die spiesgooi-rekord vir s.o/14 met amper 7 meter verbeter van 42.11m na 49.32 m. Hy het ook die diskus vir s.o/14 se rekord van 1992 (42.62m) na 48.52m verbeter. Dit het aan hom 1 200 punte op die ABSA-tabel verdien, wat aan hom ook die toekenning vir beste prestasie van die dag besorg het.

Die nuwe rekords is:

Willie van Heerden (Transvalia) - 200m s.o/15 (22.8s); Alicia Sauer (Driehoek) - 100m-hekkies d.o/16 (14.4s); Nanke Supra (Transvalia) - gewigstoot d.o/17 (12.41m). Izelle Neuhoff (Transvalia) ewenaar die 80m-hekkies vir d.o/14 (12.10s).

Die ander individuele toekennings vir die dag is:

Willie van Heerden (Transvalia) - junior victor ludorum; Gawie Kriel (Driehoek) - senior victor ludorum; Alicia Sauer (Driehoek) - senior victrix ludorum; Izelle Neuhoff (Transvalia) - junior victrix ludorum; Amanda Nagel (Transvalia) - beste baan-atleet en Dewald Boonzaaier (Transvalia) - beste veld-atleet en prestasie van die dag.

No comments: